Home | Claw | APM | Kriek | Axe | Welman | Thor | Silent Hunter | Hog Silencers | Product Advisor | Links | Gallery |

hog banner

Hog Silencers

Die HOG DIFUSOR knaldempers is hier beskikbaar! Hierdie tegnologie kombineer verskeie unieke kenmerke om aan die jagter en sportskut 'n kwaliteit produk te bied teen 'n goeie prys. HOG dempers word vervaardig uit hoe graad aluminium en vlekvrye staal.
Die vlekvrye staal wat gebruik word vir loop-hegstukke en ‘modules’ is noodsaaklik om 'n lang lewensduur te verseker. Dempers wat slegs uit aluminium bestaan word na 'n ruk uitgeskiet omdat aluminium nie die hitte en ongebrande dryfmiddel kan hanteer nie. Dieselfde geld vir die skroefdraad waar die demper op die loop vasskroef. Dempers wat uit gewone staal vervaardig word is weer blootgestel aan roes as gevolg van waterdamp.
Die modulere ontwerp maak dit moontlik om die lengte van die demper te verstel soos wat omstandigdhede vereis. Die nuutste Hog knaldempers het verskeie unieke kenmerke met gas uitlate wat die druk egalig versprei en sodoende die gasse op 'n beheerde manier voor en agter laat ontsnap.
Die konstruksie van die HOG DIFUSOR gee aan jou 'n demper met n baie lae gewig in verhouding met volume en knal vermindering van 30dB – 35dB.
Hog dempers is beskikbaar vir wapens van .22 tot .375 kaliber in verskillende modelle en variasies daarvan.

hog 1  hog 2    hog 4

Hog Pryse 2024

Indien u probleme met die web vorm ondervind, stuur asb u bestelling na premiumbullets@gmail.com toe.

Please send us an email with your order to premiumbullets@gmail.com if you are experiencing issues with the web form.


Powered byEMF HTML Contact Form

Indien u probleme met die web vorm ondervind, stuur asb u bestelling na premiumbullets@gmail.com toe.

Please send us an email with your order to premiumbullets@gmail.com if you are experiencing issues with the web form.